Stoomkaste – Die waarheid

Dit was interesant om die artikels te lees wat onlangs in ons gunsteling duiwe boekie verskyn het. Die een artikel waarsku teen die gevare wat die “stoom kadoes” inhou en die ander praat net goed  en bemark die kardoes . Jammer ek noem die ding n kardoes, want dit is slegs n manier om resultate te manupuleer vir sommige se aansien as kampioen vlieers. Die kamma nuutste tegnologie waarmee ons vorentoe beweeg! Dit is duidelik uit die artikels dat die een deur n egte duiwe liefhebber geskryf is en die ander deur n besigheidsman. Nie n slegte bemarkings artikel nie.

Ek het onlangs heelwat te doen gehad met die hout krat en sy stoomblaas apparaat nadat een van ons Federasie lede positief getoets is vir TWEE verbode middels .Hy lap dit toe uit aan sy beste vriend dat hy die verbode middels  met  sy kardoes en nubiliseerder (stoom apparaat) aan sy duiwe toegedien het.Hy het ook direk aan my verkondig  dat nog vyf ander lede van ons Federasie die kardoes gebruik en ook die name voorsien. Kommitee lede boeta! Almal eindig onder die eerste 10 die afgelope twee jaar in elke punte reeks van ons Federasie . Sekerlik het al hierdie manne nie elke naweek verbode middels gebruik nie.Wat is my boodskap hier. Die apparaat het sonder verbode middels die vermoë om resultate so te verhoog  dat dit die speel veld total ongelyk maak.

n Tweede boodskap wat ek wil uitbring ,is die feit dat niemand in ons Federasie geweet het dat hierdie apparate in ons midde gebruik word nie.Dit is so stil gehou deur die klompie here, want hulle het geweet  wat die resultaat vermoë van hierdie kardoes proses is. As dit korrek gebruik word arriveer duiwe baie vinnig op mekaar by die huis. In baie gevalle in pakkies saam ,wat dan maklik die eerste vyf of meer plekke in die resultate is. Dit is baie moelik om teen hierdie kardoes duiweboere deel te neem en kan dit daartoe ly dat groot getalle ouer liefhebbers die sport gaan verlaat. Hierdie gebruik is nie net by ons Federasie nie, maar word gebruik deur van die voorste duiweboere  in ons land. Die feit is dat dit so stil gehou word dat niemand daarvan weet nie. Hoekom word dit as so n groot geheim bewaar? Nou weet u. Neem net kennis dat daar wel kampioen duiweboere is wat dit nie gebruik nie.

Derdens het ons so siekte behep geraak ,dat ons nie meer glo dat n duif  kan vlieg sonder dat hy een of ander vorm van behandeling  ondergaan nie. Dit laat my dink aan die speelgoed van jare terug wat opgewen moet word om te kan beweeg. Wat die ergste is, is dat dit die boodskap is wat ons vindingryke duiweboere aan die beginners uitbeeld . Ons spog met van die beste eendag hokke in die wêreld ,maar ons kennis is ver verwyderd van teling,seleksie,gesondheid,afrigting en deelname. Ons soek alles in  botteltjies en kardoese! Soos die duiweboer wat my gebel het en vra wat kan hy sy duiwe kan gee om op sy landingsbord te land en nie op die gras nie. En nou n kadoes en apparaat om hulle gesond te stoom die aand van mandjie!

Vierdens .Verbeel jou die afgelope Comrades marathon se wegspring op televisie.Tien minute voor die revolverskoot sit al wat leef en beef met n nubiliseer stoom apparaat in sy mond om die longe gesond te kry vir die tog. Verbeel jou die Durban July  is op die kassie en voor die perde geparadeer word, is elke afrigter besig om sy perd met n nubiliseer stoom apparaat te stoom ,ingeval die dier  infeksie opgedoen tydens die vervoer na die baan. Praat nie eers daarvan as die Presidesieële kandidate in die “Race for the White House” begin stoom  nie. Ek sal nie verbaas wees as daar eersdaags deur ons diere dokters aanbeveel word dat pakke leeus eens genubiliseer word om seker te maak hulle kry die wildsvleisie gevang om sodoende diere mishandeling te voorkom . Lyk my al hierdie dinge kan eersdaags bewaarheid word soos dit nou gaan in die duiwesport in onse land. Siek man!

Vriende,dit werk eintlik so. Die wedvlugduif word gebore met n natuurlike immuniteit teen siektes. Die swakkes word deur die natuur en deur ons as duiweboere uitgeskakel om sodoende die bestes te behou. DAARNA LAAT ONS DIE MANDJIE DIE RES DOEN.  Die mandjie vertel dan aan ons n storie wat gegrond is op intelligensie,uithouvermoë,spoed,siekte weerstand en herstelvermoë. DIT IS DIE JUWEEL VAN DIE DUIWESPORT. Deur aan hierdie proses te karing met n nubiliseer  apparaat, sal ons nooit die waarheid van die kwaliteit van goeie duiwe raaksien nie. Hierdie apparaat en wat sy doel ook al mag wees, manupuleer die doel van die mandjie.  Dit het beslis nie n plek in die duiwe sport nie. Hierdie sogenaamde modernde tegnologie kan nie vlees en bloed en die ingebore kwaliteite van n goeie duif vervang nie. So ook moet geldmaak nie bydra dat die groter groep ouer en pensioenaris duiweboere die sport groet nie. Die koste van die sport sal hulle maklik daarnatoe dryf. Hierdie apparaat en sy proses sal veroorsaak dat hulle geensins kompeterend sal wees nie. As hierdie apparaat en sy proses goed gepraat word, beteken dit dat ons almal een sal moet aanskaf om kompeterend te wees. Hoe sal  die wëreld dan vir ons lag. Ek is ook van mening dat die ouergaarde geensins belang sal stel om so n apparaat aan te skaf nie. Baie van ons ouer boere het nog waardering vir n goeie duif en vir ons sport, maar dit lyk al hoe meer asof die jonger manne die sirkus tent opslaan. Miskien wil hulle die kardoes kampioene daarin verkoop. n Foefie man, segt ek.

Wie gaan dan die Komitee poste vul en al die take verrig. Beslis nie die stoom kardoese nie.

Contact Details

Address: 111 George Street, Kimberley 8301, South Africa
Telephone: +27 (0)53 831 2619 | Mobile Phone: +27 (0)72 408 1666.
E-mail: diamondpigeonstud@intekom.co.za